R. Kelly terug in die hof vandag

Die musikant R. Kelly sal vandeesweek weer hof toe gaan vir verdere aanklagte van seksmisdade. Die 55-jarige dien reeds ‘n vonnis van 30 jaar uit vir sekshandel en rampokkery. Die driemalige Grammy-wenner en twee voormalige medewerkers word daarvan beskuldig dat hulle die sanger se kinderpornografie-verhoor in 2008 bedrieg het. Kelly se prokureur het versoek dat enige jurielid wat die Surviving R. Kelly-dokumentêr gekyk het, verwyder word. Die dokumentêr bevat verskeie vroue wat Kelly van seksuele misbruik beskuldig.