R. Kelly moet meer as 25 jaar kry

Amerikaanse aanklaers sê die R-en-B-sanger, R. Kelly, verdien om meer as 25 jaar in die tronk deur te bring. Die 55-jarige Kelly wat talle platinum albums op sy kerfstok het, is verlede jaar skuldig bevind op aanklagte van sekshandel en uitbuiting. Dit hou verband met beskuldigings dat hy ‘n langtermynskema bedryf het om vroue en minderjarige meisies te werf en te misbruik. Aanklaers in die Amerikaanse Prokureurskantoor in Brooklyn het gister aan ‘n regter gesê Kelly se optrede was brutaal, manipulerend, heerssugtig en dwingend. Die sanger word op die 29ste van die maand gevonnis.