Qatar-vlugte word verwelkom!

Qatar Airways het sy vlugte na Namibië hervat met sy Boeing 787-8 Dreamliner wat Saterdag weer vir die eerste keer na ‘n afwesigheid van twee jaar op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met 98 passasiers geland het. Die roete tussen Doha in Katar en Windhoek vind drie keer per week plaas op Dinsdae, Donderdae en Saterdae. Qatar Airways het in 2020 in die Covid-pandemie sy kantore in Windhoek toegemaak en vlugte na Namibië en ander Afrika-lande opgeskort. Die Namibiese Lughawensmaatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Kamati hoop meer lugrederye sal hul vlerke a Namibië sprei.