Qatar vlieg buitelanders uit Afghanistan

Tientalle buitelanders, onder wie Amerikaners, het met ’n kommersiële vlug vanaf die internasionale lughawe in Kabul gevlieg in die eerste grootskaalse ontruiming sedert die Amerikaanse en Navo-magte einde verlede maand uit Afganistan onttrek het. Die vertrek van ongeveer 200 Westerlinge op ’n Qatar Airways-vlug na Doha is ’n beduidende deurbraak in die stram verhoudinge tussen Amerika en die Taliban. Dié vlug is die eerste vertrek van Westerlinge uit die land sedert die Amerikaanse magte die land aan die einde van Augustus verlaat het.