Putin vaar uit teen Weste in sy Nuwejaarsboodskap

Russiese President Vladimir Putin het in sy Nuwejaarsboodskap gesê sy land sal nooit toegee aan die Weste se poging om Oekraïne te gebruik om Rusland te vernietig nie. Hy het in sy boodskap op die land se staatstelevisie-diens gesê Rusland veg in Oekraïne om sy “moederland” te beskerm en “ware onafhanklikheid” vir sy mense te verseker. Putin het sedert die inval in Oekraïne volgehou dat Navo-lande beplan het om Oekraïne as platform te gebruik om Rusland te dreig, aantygings wat die Weste en Navo herhaaldelik ontken het. Intussen is inwoners van die Oekraïnse hoofstad, Kiëf op Nuwejaarsdag met ontploffings en sirenes begroet.