Putin moet hom inhou – EU

Die Europese Kommissie se president Ursula von der Leyen sê indien Rusland teen die Oekraïne optree, sal die Europese Unie in ‘n posisie wees om sanksies in te stel wat die Russe duur te staan sal kom. Rusland hou vol die soldate en toerusting op die grens is slegs daar as verdediging en ontken intelligensieverslae dat hy gereed maak om die Oekraïne binne te val. Von der Leyen het Rusland gewaarsku hy kan ongekende maatreëls te wagte wees as hy nie sy aggressiewe houding teenoor die Oekraïne verander nie: