Putin het reeds misluk

Die voormalige Britse minister van buitelandse sake, Sir Malcolm Rifkind, sê die Russiese President Vladimir Putin het reeds misluk in die Oekraïne eenvoudig omdat hy nie Kiëf kon oorneem nie. Rifkind voeg by dat sy inval ondeurdag was.