Putin gebruik winter as oorlogswapen – Navo

Russiese President Vladimir Putin gebruik die winter in die Oekraïne as ‘n oorlogswapen. Dit is die mening van die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg. Hy het voor ‘n vergadering van Navo-ministers van buitelandse sake in Boekarest gepraat. Hy sê nog aanvalle is die week op pad en dat hy verwag dat die behoefte om Oekraïne te help met sy lugverdedigingstelsels een van die hoof uitkomste van die vergadering sal wees.