Putin: Amerika lig Oekraïnse President uit kussings

Rusland se President Vladimir Putin sê die 2014-opstand waartydens die voormalige Oekraïnse President Viktor Yanukovich uit die kussings gelig is, was die gevolg van ‘n staatsgreep wat deur Amerika bewimpel is. Putin beskuldig Washington se Europese bondgenote daarvan dat hulle die staatsgreep ondersteun het en vra groter samewerking op die vasteland, berig internasionale media.