Publiek sal voortaan aktiwiteite van AR bepaal

Tydens ‘n vergadering wat die Affirmative Repositioning-beweging op Walvisbaai gehou is om die lot van die hoof van verkiesings, Paulus Nakathanga en woordvoerder Simon Amunime se skorsing te beslis, het die beweging die geleentheid gebruik om Namibiërs in te lig dat hy voortaan deur die mense gelei sal word, eerder as deur die leierskapstruktuur. Aktivis Jay Jay sê die publiek sal nou die een wees om te bepaal wat die beweging volgende gaan doen.