‘Publiek moet omgee hoe regering hul finansies bestee’

Suid-Afrika sal môre uitvind hoe die begroting oor die volgende drie jaar aangewend sal word, wanneer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die regering se bestedingsraamwerk sal aankondig. Een van die groot bronne van kommer oor die rede is hoe die begroting Suid-Afrikaners gaan raak. Die rubriekskrywer oor persoonlike finansies, Maya Fisher-French, het gesê Suid-Afrikaners moet aandag gee aan hoe die begroting hulle sakke gaan raak.