PSUN sê adjunke, ook president, moet waai

Die Staatsdiens-unie van Namibië, die PSUN, het gesê die regering moet wegdoen met seremoniële en nie-noodsaaklike posisies soos dié van die vise-president en adjunk-ministers, terwyl die salarisse van top-amptenare gesny moet word. Die adjunk-sekretaris-generaal van die vakbond, Ujama Kaahangoro, sê die werkersklas word deur leiers aangesê om hul gordels stywer te trek, terwyl regeringsleiers se gordels los is. Kaahangoro het tydens ‘n media-konferensie gepraat oor voortgesette salaris-onderhandelinge en die beoogde stemming van staatsamptenare oor of werkers onder die vaandel van die vakbond moet staak.