Psigiater van Swakop onskuldig op klagte van verkragting

Die Swakopmund-psigiater Pieter van der Westhuizen is vrygespreek op alle klagte teen hom. Van der Westhuizen is vervolg op klagte dat hy ‘n pasiënt by sy spreekkamer op Swakopmund verkrag het. Regter Eileen Rakow het in die hof gesê dat daar geen bewyse is vir enige van die vyf klagte teen hom nie. Hy het drie klagte van verkragting, een van onsedelik aanranding en ‘n klag van poging tot moord in die gesig staar. Die laaste klag het verband gehou met bewerings dat hy die pasiënt met sterk medikasie behandel het om haar te verkrag.