Prys van uie styg met 63%

Voedselpryse bly in die nuus. In die tweede kwartaal het Namibië uie ter waarde van 7 miljoen Namibiese dollar van Suid-Afrika ingevoer. Nou sê die Pietermaritzburgse Ekonomiese Geregtigheid en Waardigheidsgroep die skerp styging in die prys van uie wek kommer. Die prys van uie het in die afgelope jaar met 63 persent gestyg. Dis die hoogste styging van enige enkele varsproduk. Inflasie op kos bly hoog, met ‘n gemiddeld van 8,2 persent in Augustus in vergelyking met tien-persent die vorige maand. ‘n Lid van die groep, Mervyn Abrahams, sê die hoë kospryse het ‘n invloed op die dieetkeuse van arm huishoudings: