Protesoptrede ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma het na Gauteng uitgebrei

Die protesoptrede ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma het na Gauteng uitgebrei. Die polisie in Gauteng in KwaZulu-Natal het saam met metro-polisie-departemente hulle sigbaarheid in reaksie op voortgesette voorvalle van opportunistiese misdadigheid en gewelddadige oproer in die twee provinsies, verskerp. Vyf-en-twintig verdagtes is in Jeppe en Alexandria in hegtenis geneem, terwyl beamptes deur groepe van tot 800 oproermakers aangeval is. Verskeie beamptes is beseer en ‘n 40-jarige man is doodgeskiet.Geboue en voertuie is aan die brand gesteek en informele handelaars se goedere is geplunder. President Cyril Ramaphosa het betogers tot kalmte gemaan. Die ANC het intussen ook op die protesoptrede gereageer. Die party sê hy respekteer die regte van alle Suid-Afrikaners om vreedsaam te betoog en hulle menings vrylik uit te spreek, maar die woordvoerder van die ANC, Pule Mabe, sê mense moet die regte van ander respekteer en hulle weerhou van die oortreding van die wet of om hulle tot geweld te wend..