Protesoptrede in dele van Suid-Afrika voor môre se verkiesings

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, is vandag in KwaZulu-Natal te midde van berigte van protesoptrede deur gegriefde gemeenskapslede. Die departement se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê Cele gaan op die vooraand van die verkiesing die gereedheid beoordeel van wetstoepassingsagentskappe in sommige van die geïdentifiseerde gebiede wat kommer wek. Suid-Afrikaners gaan môre na die stembus vir die buurland se plaaslike owerheids verkiesings.