Proteas wik-en-weeg oor boulers
Krieket: Die Proteas verwag die draaiboulers sal ‘n groot rol speel in die toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande wat in Port-of-Spain, Trinidad, begin. Die Suid-Afrikaners oorweeg die insluiting van beide hulle voorste draaiboulers Dane Piedt en Keshav Maharaj, terwyl die deeltydse draaibouler Aiden Markram ook beskikbaar is. Die afrigter Shukri Conrad sê dis moeilik om te besluit op die regte boulbalans.