Proteas sukkel teen Engelse Leeus

Die Engelse Leeus se vertoning teen die Proteas in die vierdaagse wedstryd in Canterbury was tot dusver indrukwekkend. Suid-Afrika het ‘n mededingende 433 aangeteken, voordat die tuisspan geantwoord het met ‘n verstommende 672. Teen die einde van dag drie was die besoekers in die moeilikheid op 59 vir drie. Die kolwer Aiden Markram het gesorg vir een van die verrassende hoogtepunte toe hy ses paaltjies geneem het in die tuisspan se eerste beurt: