Proteas se T20 teen Indië is goeie toets vir Wêreldbeker

Die Proteas se snelbouler, Lungi Ngidi, sê die T20-reeks teen Indië sal ‘n goeie toets vir die Wêreldbeker later vanjaar wees. Suid-Afrika speel vanmiddag in Nieu-Delhi in die eerste van vyf T20-wedstryde teen Indië. Die Proteas begin die reeks met selfvertroue nadat hulle vroeër vanjaar in Suid-Afrika ‘n eendag-reeks van drie wedstryde teen Indië gewen het. Ngidi sê hulle verwag moeilike toestande teen ‘n gedugte span: