Proteas kook op warmste dag in VK

Krieket: Suid-Afrika kan die eendag-reeks teen Engeland in Vrydag se tweede wedstryd in Manchester beklink ná ‘n oortuigende oorwinning in Dinsdag se eerste kragmeting in Chester-le-Street. Die Proteas het al die afdelings oorheers op die dag dat die Verenigde Koninkryk sy warmste dag ooit beleef het. Hulle het ‘n indrukwekkende 333 vir vyf aangeteken en die gashere daarna vir 271 uitgeboul. Rassie van der Dussen het ‘n uitstekende 134 bygedra en Anrich Nortjé het vier paaltjies platgetrek. Van der Dussen sê dit was ‘n goeie begin.