Protea-vroue speel vir trots in laaste T20 teen Engeland

Krieket: Slegs trots is op die spel vir die Protea-vroue in vandag se derde en laaste T20 teen Engeland op SuperSportpark in Centurion. Die besoekers het reeds die reeks beklink deur die eerste twee kragmetings te wen. Hulle het die gasvroue met vier paaltjies geklop in Oos-Londen, gevolg deur ‘n oortuigende oorwinning met 36 lopies in Benoni. Die T20s word gevolg deur eendagwedstryde in Kimberley, Durban en Potchefstroom vanaf Woensdag, terwyl die eenmalige toets die 15de van volgende maand in Bloemfontein begin.