Protea-vroue het vandag laaste kans

Die Proteas het vandag ’n laaste kans om vir die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue te kwalifiseer ná Sri Lanka se nederlaag Sondag teen Nieu-Seeland. As die Proteas Bangladesj vanaand op Nuweland klop, sal hulle tweede in Groep-een eindig, en vir die een halfeindstryd kwalifiseer. Die Suid-Afrikaanse kolwer, Laura Wolvaardt, sê hulle is gelukkig om nóg ’n kans te kry ná twee nederlae: