Protea-kaptein kla oor kolfblad in Gabba

Krieket: Die kaptein van die Proteas, Dean Elgar, sê die kolfblad van die Gabba in Brisbane het nie regverdige mededinging tussen kolf en bal toegelaat nie. Australië het die eerste toets binne twee dae met ses paaltjies gewen. Die besoekers is uitgeboul vir 152 en 99, en die gasheer het die wenteiken van 34 binne agt boulbeurte gehaal. Dit is die eerste toets in Australië in 91 jaar wat binne twee dae afgehandel is. Elgar sê hulle sal nie ingrypende veranderings aanbring vir die tweede toets in Melbourne wat op Welwillendheidsdag begin nie.