Prostaatkanker hoër onder swart mans

Prostaatkanker by mans is wêreldwyd die een wat die meeste voorkom en is die nommer een-kanker onder alle Suid-Afrikaanse mans. Een uit sewe mans kan dit in hulle leeftyd opdoen. ‘n Woordvoerder van die Kankervereniging van Suid-Afrika, Lucy Balona, sê volgens navorsing is die gevaar van aggressiewe prosaatkanker hoër onder swart mans. Sy sê met dié maand se manskanker-veldtog fokus hulle op die boodskap dat prostaatkanker dikwels in families voorkom.