Prokureur sê oor hoekom N/a’an kusê hofaansoek bring

N/a’an kusê het ‘n aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien om ‘n hersiening van die omgewingsministerie se nuwe regulasies. Die ministerie moet ingevolge die aansoek, redes aan die regter Esi Schimming-Chase verskaf waarom die nuwe regulasies nie hersien en tersyde gestel moet word nie. N/a’an kusê se prokureur Cristiaan Cronjé verduidelik by die organisasie se inligtingsessie vanoggend waarom die nuwe regulasies op lang termyn nadelig sal wees vir karnivoorbewaring in Namibië.