Progressiewe Jeugallianse eis Tito se bedanking

Die Progressiewe Jeug-alliansie gaan vandag na die kantore van die Nasionale Tesourie in Tshwane, Gauteng opruk, om die verwydering van die Suid-Afrikaanse minister van Finansies, Tito Mboweni, te eis. Hulle vra ook befondsing vir gratis hoër onderwys, werksgeleenthede vir die jeug, die daarstelling van welvaartsbelasting en ‘n inkomstetoelaag vir die jeug. Die alliansie sluit die Suid-Afrikaanse Studente-kongres, die ANC-jeugliga, die Jong Kommunistiese Liga en die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente in. Dit is die alliansie se eerste massa-optrede die maand.