Probleme met muise in Onhangwena-streek duur voort

Die goewerneur van die Onhangwena-streek, James Uerikua, sê die muisprobleem in die streek bly sedert verlede jaar ‘n uitdaging. Die muise rig skade aan gewasse, gestoorde graan en veevoer aan. Hy sê die muise dra ook ‘n gesondheidsrisiko. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.