Privaatsektor skenk suurstof

Die Namibiese privaatsektor het deur die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid suurstoftenks van 21 ton aan die gesondheidsministerie oorhandig. Die eerste aflewering van suurstoftenks ter waarde van 40 000 Namibiese dollar is deur Namdeb gefinansier. Die president van die kamer, Bisey Uirab, het gesê die private sektor het hulself daartoe verbind om suurstoftenks weekliks tot die einde van September te voorsien.