Privaatsektor moet SA-studente bystaan

Die Nasionale Studentefinansieringshulpfonds in Suid-Afrika het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om te help met die befondsing van studente in tersiêre instellings. Die voorsitter van die NSFAS-raad, Ernest Khosa, het dié versoek gerig nadat die fonds ‘n ongekwalifiseerde oudit van die ouditeur-generaal ontvang het. Dit beteken die skema se aanbieding van sy finansiële state was behoorlik en voldoende en het aan die algemeen aanvaarde rekeningkundige beginsels voldoen. Khosa sê die uitslag van die oudit is ‘n betekenisvolle prestasie: