Privaatsektor leen vir verbruik, nie beleggings nie

Skuld verlening deur die privaatsektor, beide huishoudings sowel as besighede wek volgens Simonis Storm in die hoofstad, kommer. Ontledings deur die makelaarsfirma toon dit oor die afgelope 16 jaar, het groei in krediet wat verleen is aan die privaatsektor, meer was as die syfers wat ekonomiese groei aandui. Dus, sê die maatskappy dat die skuld geneem is vir verbruik doeleindes en nie vir beleggings wat op die langtermyn ekonomiese groei kan ondersteun nie. Terwyl verbruikers besteding ekonomiese groei in die korttermyn kan ondersteun sal groei in die langtermyn steeds swak vertoon omdat die land se produktiewe kapasiteit ingeperk is.