Prinsloo geëerd om sakereddingstaakspan te lei

Thinus Prinsloo, die uitvoerende hoof van Capricorn Investment, sê hy voel geëerd dat hy as die voorsitter van President Hage Geingob se sakereddingstaakspan aangestel is. Hy is deel van elf kundiges in die span wat besighede en werksgeleenthede tydens die Covid-pandemie gaan beskerm. Die taakspan sal vanaf 1 Julie vir agt maande sake- en insolvensiewetgewing, wette, regulasies en beleide tydens die pandemie hersien en voorstelle maak om besighede te red. Prinsloo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.