Prinses Charlene van Monaco uit die hospitaal ontslaan

Prinses Charlene van Monaco is uit ‘n hospitaal in Ballito aan die KwaZulu-Natalse
Noordkus ontslaan. Sy het behandeling ondergaan nadat sy verlede week onverwags
ineengestort het. Die Pienk Paleis van die prinsdom sê Charlene het flougeval weens
komplikasies van ‘n oor-, neus- en keelinfeksie, wat volgens hulle geen rede tot kommer
is nie. Die voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer kon weens die infeksie nie
na Monaco terugkeer nie. Haar man, Albert, en hul tweeling, Gabriella en Jacques, het
haar verlede maand besoek.