Prinses Charlene kry nog ‘n operasie

‘n Woordvoerder van die paleis in Monaco het bevestig prinses Charlene het nog ‘n operasie in Suid-Afrika ondergaan. Die 43-jarige prinses moes verskeie lang prosedures ondergaan vir ‘n infeksie wat gediagnoseer is toe sy Suid-Afrika in Mei besoek het. Dit het haar verhoed om te vlieg en sy moes haar verblyf met ‘n paar maande verleng. Prins Albert het vroeër sy vrou se toestand in ‘n onderhoud met die tydskrif People verduidelik. Hy het ook gesê gerugte dat hulle huweliksprobleme het, is ongegrond.