Prins Andrew het drie opsies oor

Prins Andrew is tans in ‘n baie moeilike posisie nadat die New York-regter Lewis Kaplan sy aansoek om die saak van seksuele misbruik teen hom uit te gooi, van die hand gewys het. Kaplan het bevind dat Virginia Giuffre se regsgeding voort kan gaan. Kenners meen Andrew het drie opsies. Hy kan buite die hof skik, hy kan die saak ignoreer wat sal veroorsaak dat hy dit sal verloor, of hy kan verdedig maar dan moet hy getuienis in ope hof lewer. Hy het, toe die sekskandaal met Jeffrey Epstein en Ghislaine Maxwell gebreek het en hom betrek het, gesê hy weet niks van niks af nie en ken nie die meisie nie. Toe publiseer die media foto’s van die twee saam. Tot dusver is die koninklike familie doodstil oor die aangeleentheid.