Presidentspaar herstel goed

Die woordvoerder van die Namibiese Presidensie, dr. Alfredo Hengari, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe dit op die oomblik met die Presidentspaar gaan nadat hulle positief vir Covid-19 getoets het. President Hage Geingob en Monica Geingos selfisoleer op die oomblik tuis.