President Geingob terug in Windhoek

President Hage Geingob is terug in Windhoek nadat hy die 76ste sitting van die
Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York bygewoon het. Behalwe
vir die VN -vergadering, het hy volgens ‘n verklaring van staatshuis ook
onderhandelings gehad met regeringsamptenare van die Verenigde State en
verteenwoordigers van die Amerikaanse kongres om maniere te bespreek om
kommersiële bande tussen Namibië en die VSA te versterk.