Tara van Eck

Ek het groot geword in ‘n kunsinige, dansende, gelukkige huis. My ma is ‘n ballet juffrou en daar was altyd musiek. Drama vloei deur ons are.


Ek is van die Boland – Robertson – later koshuis toe en skool geloop in die rose stad Bloemfontein, daarna is ek sak en pak vir ‘n 1 jaar ‘gap’ in London wat later 4 jaar word. In Londen kry ek myself in die tande bedreif en werk en leer vir 11 jaar van caries, wortelkanale en dat niemand lief is vir die tandarts nie. Tussen die bore en pasiente word daar steeds ge-ballet en studeer ek sielkunde.


Intussen vang die liefde my en ek trou met my Namibiese hart. Kom kuier vir die skoonmense, drink van Swakopmund se water, raak verlief op duine en die Namib se mense en vyf maande later verraai ek my tafelberg en vals tande vir die Namib woestyn en ‘n mikrofoon.


7 jaar in die Radio-wese wat ‘n absolute passie en voorreg is.


Verslaaf aan nuus en politiek.


As ek nie klets skryf ek saam aan boeke vir carpe diam media en die Finesse voelgoed span.


Tara is ook ‘n opgeleide ballet juffrou met ‘n dans ateljee in swakopmund.


My philosophy in die lewe, moet nooit ophou leer veral by jou mentors. Blom waar jy geplant is.Dans met ‘n dankbare hart deur die lewe. Die lewe is so kort maak seker jy lag elke dag, maar uit die maag uit lekker lag.