Marcel Theron

Marcel het gematrukileer aan Swakopmund Sekondere Skool waarna sy verder gaan studeer het en ‘n graad behaal het in drama en klere ontwerp aan die Universiteit van Namibie. Terwyl sy studeer het het sy tweede gekom in ‘n aandrok ontwerp kompetisie vir Mej Namibie en van haar ontwerpe is ook verkoop aan ‘n buitelandse toerus. 


Na Universiteit het sy eers die stof van haar voete af geskud en ‘n draai gaan maak in Engeland vir 2 jaar. Na haar terugkoms het sy vir 2 jaar gewerk as ‘n assistent vir ‘n Oftalmoloog in die hoofstad. Hoe het sy in die radio bedryf begin? ‘n Destydse vriend het haar gedwing om te gaan vir ‘n stem toets by Kudu fm.

Terwyl sy daar naweek skofte gewerk het, is sy genooi vir ‘n stem toets by Kosmos 94.1 en soos hulle se….the rest is history. Sy hou baie van kosmaak en is in 2010 gekies as een van die Pasta Polana Girls wat hul kook vernuf gewys het in ‘n reeks op plaaslike televisie en haar stem word ook ingespan vir advertensie werk. In 2005 is sy getroud en het intussen 3 pragtige kinders ryker geword.