Lindsey Voigt

Ek is Lindsey Rochelle Voigt, gebore in Windhoek en het die meeste van my jare op Rehoboth deurgebring. Ek is getroud, het twee kinders en is ‘n sangeres. My sangloopbaan het in 2002 afgeskop met die Mnet KykNET Idols in Johannesburg. 

Dit was van korte duur, want ek het my lirieke vergeet van op my senuwees wees. Ek skryf graag en my vroegste werk is deur ‘n Switserse uitgewer op die ouderdom van 10 gepubliseer. Ek het ook al ‘n paar toekennings ontvang. Ek het digitale bemarking studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 2018 het ek my eerste album “Renewed” vrygestel waarvoor ek ‘n NAMA-toekenning ontvang het vir die beste gospel-kunstenaar, asook vier ander nominasies. Ek is ‘n gasspreker en doen graag geestelike motiveringswerk met vroue en kinders wat deur moeilike tye en trauma gaan. Ek glo die lewe is nie rooskleurig nie, soms meer dorings as ‘n roos, maar ons moet blom waar ons geplant word, alles met die krag van Bo.