Deon

Deon het van ‘n jong ouderdom af daarvan gehou om familile en vriende te vermaak, en soos hy ouer geword het, het hy ‘n belangstelling in die uitsaaiwese ontdek.

Deon het Namibië in November 2019 verlaat maar is ‘n jaar later, na die koms van die Groot Gogga, terug in die snoesige arms van Kosmos.  As hy nie agter die mikrofoon sit nie, kan jy hom langs die pad vind besig om kuite te kweek. Tuis geniet hy goeie kitskoffie (“dit bestaan”), boeke en rolprente (“Don’t judge a book by its movie”). Hy is gaande oor uiteet maar gril vir sigbare vet. Hy verkies honde bo katte want laagenoemde “voer iets in die mou”.Hy het nog nie ge-bungee jump of ge-valskerm spring nie. Hy het ook geen behoefde om dit te doen nie.