Pres. Hage Geingob vier saam met drie eweknieë Wêreldkinderdag by Kasane

Namibiese President Hage Geingob vertrek môre na Kasane waar Unicef se Wêreldkinderdag by die Kazungula-brug gevier sal word. Geingob, dr. Mokgweetsi Masisi, President van Botswana, Zambiese President Hakainde Hichilima, en Mnangwagwa Emmerson, President van Zimbabwe, sal onder meer teenwoordig wees. Judy Matjila van Unicef in Windhoek sê die vier presidente sal saam met 75 kinders Wêreldkinderdag vier.