Pres. Hage Geingob uit spreek medelye uit oor wyle Jane Katjavivi

Namibiese President Hage Geingob het wyle Jane Katjavivi beskryf as instrumenteel in die ontwikkeling van taal en die behoud van Namibiese letterkunde. Katjavivi, wat ‘n skrywer, redakteur en voormalige uitgewer was, is vandag in die ouderdom van 70 oorlede. Geingob het in ‘n mediaverklaring gesê dat Katjavivi, wat ook die vrou van die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, ‘n vrywillige werker by die Swapo-kantoor was en ‘n standvastige ondersteuner van vryheidsvegters tydens die bevrydingstryd geword het. Intussen het die Ovaherero Tradisionele Owerheid ook hul medelye betoon.