Pres. Hage Geingob sê nuwe wetgewing moet geslagsgeweld takel

Namibiese President Hage Geingob het vandag tydens die herdenking van Internasionale Vrouedag sy kommer uitgespreek oor geslagsgeweld in Namibië. Hy het gesê hy is optimisties dat die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bekamping van Huishoudelike Geweld sal help om geslagsgeweldsake in die land te verminder. Hy het ‘n beroep op wetskrywers gedoen om die finalisering van die wysigings te bespoedig. Hy het ook ‘n beroep op Namibiese mans gedoen om te stop om Namibiese vroue en meisies te mishandel en liewer daarop fokus om ‘n veilige omgewing vir vroue en meisies te skep. Die geslagsaktivis, Ngamane Karuaihe-Upi, stem saam met die President.