Pres. Hage Geingob maak binnekort belangrike aankondiging op COP26

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê President Hage Geingob sal binnekort by die Klimaatberaad, COP26, in Glasgow aankondig aan wie die tender toegeken is vir die volhoubaarheidstudie vir die produksie van groen waterstof in Namibië. Hy sê Namibië stuur ‘n sterk boodskap uit aan die wêreld om klimaatsverandering te takel.