Pres. Hage Geingob gee terugvoer oor COP26

Klimaatsverandering het ‘n groot impak op Namibië as dorre land, maar die land veg moedig in die stryd teen klimaatsverandering. ’n Sleutelkomponent van die land se energie-oorgang is om broodnodige direkte buitelandse beleggings te lok. Namibië het ‘n groot hoëvlak afvaardiging na die COP26 Klimaatsberaad in Glasgow in Skotland gestuur. President Hage Geingob het na die terugkeer van sy afvaardiging vandag terugvoer aan Namibiërs gegee.