Pres. Geingob wy nuwe ‘groen’ Nedbank Namibia Campus-gebou in

President Hage Geingob het Nedbank Namibia se Campus-gebou in die middestad in Windhoek amptelik ingewy.  Hy het gesê Nedbank Campus is nie net ‘n simbool van die instelling se vertroue in die Namibiese ekonomie nie, maar ook ‘n duidelike bewys van Nedbank se verbintenis tot die beskerming en bewaring van Namibië se omgewing, met die gebou se omgewingsvriendelike argitektuur. Die President moedig ander instellings aan om Nedbank se voorbeeld te volg.