Pres. Geingob wens Namibiërs ‘n geseënde Kersfees toe

Namibiese President Hage Geingob wens alle Namibiërs ‘n geseënde Kersfees toe. Hy sê die afgelope jaar was nie maklik nie, maar die uitdagings in Namibië is nie groter as Namibiërs as ‘n nasie verenig is nie, en ons sal in die nuwe jaar weer opstaan. Geingob sê die feestyd moet met ‘n positiewe gesindheid en hernude entoesiasme gevier word. Hy benadruk dat Namibiërs minder-bevoorregtes tydens die Kersfees in gedagte hou en sê ons moet ons hande en harte vir hulle oopmaak.