Pres. Geingob: Moenie Namibiese huis só bou

Tydens President Hage Geingob se besoek aan die Bank van Namibië vandag, het hy sy teleurstelling uitgespreek oor hoe Namibië besig is om te verander. Hy sê Namibiërs word nou al hoe meer ras- en stamgebonde en dit is nie hoe die Namibiese huis gebou moet word nie.