Pres. Geingob gee oorsig van 2021 se kabinetsbesluite

Die laaste Namibiese kabinetsvergadering van 2021 het vandag by Staatshuis onder leiding van President Hage Geingob plaasgevind. Hy het die moeilike jaar in oënskou geneem en gesê tydens die loop van 2021 het die kabinet verskeie besluite geneem rakende die besnyding van staatsuitgawes, ekonomiese herstel en voedselsekuriteit.