Pres. Cyril Ramaphosa spreek vanaand Suid-Afrikaners toe

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa gaan Suid-Afrikaners vanaand agt-uur toespreek oor verwikkelings met die land se reaksie op die Covid-19-pandemie. Dit volg op vergaderings van die nasionale koronavirus-bevelsraad, die presidensiƫle koƶrdineringsraad en die kabinet.